Header image
  

 
 
Wie is ons

Die Midlens Fotoklub is onlangs herdoop vanaf die ou naam Middelburg Kameraklub. Die klub het 'n baie groot hoeveelheid nuwe lede bygekry uit die gemeenskappe van Middelburg en Groblersdal. Ons het gevind dat die veranderings in die fotografie bedryf ons genoodsaak het om anders te dink oor ons klub en die manier hoe ons werk. Dit is vir ons belangrik dat dit nie eerstens gaan oor jou kamera nie, eerder die fotos en die onwikkeling van praktiese fotografie onder al die lede.

Ons doen baie moeite om gerespekteerde fotograwe in die amateur fotografie wereld te kry om ons maandelikse vergaderings toe te spreek. Elke vergadering gee jou die geleentheid om te luister na 'n interessante praatjie, lede neem deel aan lokale foto kompetisie en natuurlik die geleentheid om met ander fotograwe te sosialiseer.

Ons wil graag alle aspirant fotograwe nooi om ons maandelikse vergaderings te besoek (klik op klub gebeure) vir solank as wat hul wil met geen verpligtinge. Eers as jy gereed is kan jy aansluit by die klub en dan kan jy begin deelneem aan ons maandelike kompetisies.

 

Ansa Visagie - Vergesig
Ansa Visagie - Vergesig (1 Ster - Wenner)

Jan Kruger - Stert in die lug
Jan Kruger - Stert in die lug (2 Ster - Meriete + Wenner)