Ek wil almal uitnodig om vir my ten minste een link van 'n webwerf te stuur waar jy foto-verwante inligting kry.
Kameraklubs en ander organisasies
PSSA - Fotografie Vereniging van Suid Afrika Hierdie is die vereeniging in SA wat omsien na die amateur fotograaf. Ons as klub is ge-affilieer aan die PSSA as ook heelwat van ons lede op hul eie. Alle salonne sal hier ge-adverteer word, asook die resultate.
middelburgphotographers.ning.com Hierdie is 'n lekker plek om die hare te laat sak en kaalvoet op die bank te sit en sommer lekker met mede-fotograwe jou fotos te deel en kommentaar te lewer. [Willem]
Fotogemeenskappe en aan-lyn winkels
Outdoor Photo Vir alle fotografie benodigdhede (nuut en tweedenhands) en fantastiese foto gallerye. Mense kan verniet aansluit en kan dan daagliks twee foto's op OutdoorPhoto plaas. Mens leer net so baie van ander persone se fotos, want alle inligting van die kamera "settings" is by die foto's beskikbaar. [Elsa]
www.orms.co.za Baie goeie pryse op alle fotografie benodigdhede en hulle bied 'n fantastiese diens. Ek kan hulle aanbeveel, want hulle pryse is werklik goed en ek koop gereeld van hulle. [Elsa]
www.sacamera.co.za Nog een van die meer gewilde Suid Afrikaanse aanlyn winkels. Baie goeie pryse en flinke diens. [Johan]
www.dpreview.com DPReview (Digital Photography Review) is een van die toonaangewende webwerwe met betrekking tot die evaluering van kameras asook lense. Verder is ek mal oor die forums waar almal hul gedagtes kan griffel en sommer kan saampraat oor veral toerusting ... en dan vrymoedigheid kan neem om fotos te plaas en kommentaar te kry. [Johan]
www.bhphotovideo.com In die dae toe die R/$ wisselkoers onder R7/$ was het ons hierdie winkel baie goed ondersteun ... deesdae is dit amper nie die moeite werd met die sterk $ nie. [Johan]
Persoonlike Webruimtes van klublede
dubuson.com Johan en Mariëtte du Buson se persoonlike webruimte.
elsasdesigns.com Elsa Goussard se persoonlike webruimte. |